Apple betaal miljoene na student se kaalfoto’s uitlek

Deel hierdie storie / Share this story

Apple het ingestem tot ’n multimiljoen dollar skikking nadat werknemers ’n student se eksplisiete kaalfoto’s aanlyn gedeel het terwyl hulle haar iPhone herstel het.

LEES OOK: Kaal paartjie in hegtenis wat glo seks voor kinders in parkie het

Die vrou het haar selfoon in 2016 ingehandig om herstel te word en twee werknemers van die firma het na bewering toegang tot eksplisiete beelde en video’s wat op die foon gestoor is, verkry. Hierdie inhoud is toe op die vrou se Facebook-profiel geplaas om dit te laat lyk asof sy dit gedeel het.

Die vrou het eers van die plasing bewus geword nadat ’n vriend haar daaroor ingelig het. Sy kon die foto’s en video’s verwyder.

Die vrou het ’n eis teen Apple vir die skending van privaatheid en vernedering ingestel.

Die werknemers is afgedank en Apple het tot ’n skikking ingestem, maar die vrou het ’n ooreenkoms met Apple geteken wat bepaal dat sy nie die bedrag van die skikking mag bekend maak nie.

LEES OOK: Anti-Mike Bolhuis groepe op Facebook gestig