’n Gr. 3-leerder aan Primêre Skool Bontleng in Pampierstad is Maandag oorlede nadat hy deur ’n taxi gestamp is.
Die leerder se identiteit word tans weerhou sodat alle familielede eers van sy afsterwe ingelig kan word.
Die departement van onderwys in die Noord-Kaap het sy innige meegevoel met die familie uitgespreek.
Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die departement van onderwys, het gesê die skool is tydelik gesluit. Berading sal ook vir onderwysers en leerders verskaf word.
LEES OOK: Kaal paartjie in hegtenis wat glo seks voor kinders in parkie het



