SENEKAL. – Die twee moordverdagtes wat vir die moord op Brendin Horner (21) in die Senekal-landdroshof verskyn het, is altwee op borg van R5 000 vrygelaat.
Borgtog is gister aan Sekwetja Mahlambi (32) en Sekola Matlaletsa (44) toegestaan nadat hulle in Oktober 2020 in hegtenis gneem is. Horner se liggaam is met steekwonde aan sy kop, skouers en hande op ‘n plaas in die Paul Roux-omgewing aan ‘n paal vasgemaak gevind. Hy was ‘n voorman op die plaas.
Die saak teen die twee moordverdagtes is nou oorgedra na die hooggeregshof op Bethlehem, waar ‘n voorverhoor op 23 Augustus 2021 begin.
Die staat se DNS-toetsuitslae van bloedmonsters wat uit die een beskuldigde se klere geneem is, het negatief teruggekom en het nie met Horner se bloed ooreengestem nie. Mahlamba en Matlaletsa het skuld ontken op die aanklagte van moord en roof.
LEES OOK: Niemand in hegtenis na man in ‘padwoede-voorval’ doodgeskiet is
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



