‘n Agtjarige leerling, Bokamoso Shabe, van ‘n laerskool op Thabong naby Welkom is op die skoolgrond ontvoer. ‘n Losprys van R50 000 vir haar veilige terugbesorging geëis.
Die meisie is ‘n leerling aan Laerskool Mmantshebo.
Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, sê die meisie is om 13:30 deur ‘n onbekende vrou op die skoolgrond ontvoer.
Bokamoso Shabe (8) se ouma het kort na die ontvoering ‘n oproep van ‘n man met die naam Aubrey gekry. Dié man het die ouma glo met Bokamoso se dood gedreig, sou hy nie R50 000 van die familie ontvang nie.
Bokamoso se ouma is Dinsdag met dieselfde ultimatum gekontak, dié keer deur ‘n vrou wat na haarself as Nthabeleng verwys.
Die ondersoek duur voort.
Bokamoso het ten tyde van haar ontvoering haar skooluniform aangehad.
Enigiemand met inligting oor haar verdwyning, kan adj.-off. Tshediso Qhamakoane by 083 375 6355 skakel.



