Vrou steel glo baba terwyl ma skoene koop

Deel hierdie storie / Share this story

KLERKSDORP. – ’n Vrou het glo op 17 Junie 2021 ’n ma (17) van ’n pasgebore baba bevriend en aangebied om vir die jong ma ’n paar skoene te koop, waarna sy met die baba weg is.

Lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder, sê die ma het haar baba na die hospitaal vir ’n ondersoek geneem toe die vrou haar nader en aanbied om vir haar warm skoene te koop omdat sy plakkies op die koue dag aangehad het.

LEES OOK: Robotika, die toekoms?

Vrou verdwyn met baba

Die ma het glo daarna saam met die vrou na ’n winkelsentrum gegaan waar die vrou vir haar geld gegee het om skoene te gaan koop terwyl sy na die baba kyk. Toe die ma terugkeer, kon sy nie die vrou of haar baba opspoor nie.

Die ma het die insident by die polisie aangemeld en ’n saak van ontvoering is geopen.

Polisie soek verdagte

Die vrou, wat vermoedelik in haar vroeë dertigs is, praat Setswana, is ongeveer 1,65 m lank en het op Donderdag 17 Junie ’n swart denim met ’n swart-en-pienk top aangehad.

Die polisie versoek enigiemand wat inligting oor die voorval het, insluitend wie die verdagte is en waar sy haar bevind, om a.o. Kenny Ntshekane by 082 568 6909 te skakel.

LEES OOK: Apple betaal miljoene na student se kaalfoto’s uitlek