PRETORIA. – Die oudpolitikus, Gert Oosthuizen, is na 11 dae van hel, nadat hy die Covid-19-inenting, Pfizer-BioNTech, ontvang het, positief vir Covid-19 getoets en in die hospitaal opgeneem.
Netwerk24 berig Oosthuizen is Woendag in die waakeenheid van die Mediclinic Kloof opgeneem. Hy is aan suurstof en ‘n drup gekoppel.
Oosthuizen is op 12 Junie ingeënt en het amper dadelik ‘n negatiewe reaksie getoon. Hy het baie sleg gevoel en gesweet. Daar is aan hom gesê dit is die teenliggaampies wat hulle werk doen.
Na 11 dae van hel het hy positief vir Covid-19 getoets en is in die hopsitaal opgeneem.
Daar word vermoed Oosthuizen was moontlik voor die inenting reeds met die virus besmet nadat hy blootgestel was, alhoewel hy aanvanklik negatief vir Covid-19 getoets het.
BRON: Netwerk24
LEES OOK: Prinses Diana se laaste woorde op ongelukstoneel onthul
LEES OOK: Horner-saak: twee moordverdagtes loop nou vry
Hou FiND iT dop vir die nuutste nuus.



