In die vyf minute video op Karlien van Jaarsveld se Instagram-profiel wys sy die chaos wat veroorsaak word as jy vier kinders in die huis het.
Die video begin waar Karlien se dogtertjie, Elah, aan haar hang en skree. Haar seuntjie, Daniël, rol op die vloer rond en huil vreeslik bedroef. “Ek is moeg en jy is moeg. Jy besef net nog nie jy is moeg nie,” sê Karlien aan haar dogtertjie wat sy dan op haar heup ronddra.
Daarna begin die werklike stryd. Karlien sit dan vir Elah in haar bedjie waarna sy net weier om plat en rustig te lê. Aanhangers het omtrent die video geniet en daar is 52 799 keer daarna gekyk. Simoné Nortmann, Suid-Afrikaanse aktrise, het ook kommentaar op die video gegee en gesê: “Is dit wat vir my voorlê?”
Ander aanhangers kon nie uitgepraat raak oor hoe baie hulle Karlien se video’s geniet nie.
LEES OOK: Selfdood – ‘Alles sal oraait wees, Mamma’ sê seun (13)
LEES OOK: Shane Jordaan al meer as twee weke vermis
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



