Jong man (21) vir sy selfoon doodgesteek, twee vas

Deel hierdie storie / Share this story

MOSSELBAAI. – Die 21-jarige Rikus Raath is laatmiddag op 5 Junie by ‘n verkeerslig in Mosselbaai doodgesteek en van sy selfoon beroof.

Raath was op pad om melk te koop toe hy by die ingang van Diaz-strand en Bolandpark deur twee mans oorval is. Sy selfoon is gesteel en hy is in die bors gesteek.

Die voorval het volgens die polisie om 17:00 plaasgevind.

Khaya Makalima (18) en Masimilelo Tshangayi (23) is dae na die voorval op die aanklag van moord in hegtenis geneem.

Hulle verskyn weer op 25 Junie in die hof vir ‘n formele borgaansoek.

Lees ook: Man in hof ná vrou dood in slaapkamer gevind is