Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, spreek vandag die nasie toe oor die onderwyssektor se reaksie op die derde vlaag van Covid-19-infeksies en die impak wat dit op skole het.
Inentings vir onderwysers en skoolpersoneel word ook in die mediakonferensie getakel.
’n Inentingsprogram sal binnekort vir die onderwyssektor begin en daar word verwag dat minister Motshekga meer besonderhede sal gee oor wie in watter ouderdomsgroep eerste ingeënt gaan word.
FiND iT sal om 14:00 die mediakonferensie regstreeks beskikbaar stel. Hou FiND iT dop om daarna te kyk.



