Te midde van die derde vlaag van Covid-19 in Suid-Afrika, is in die afgelope 24 uur nóg 10 510 infeksies aangeteken.
President Cyril Ramaphosa het Dinsdagaand in sy toespraak aangekondig dat die land weer in vlak drie van inperking is.
Verskeie maatreëls is ingestel om die verspreiding van die virus te probeer bekamp.
Daar was nou reeds ‘n totaal van 1 796 589 gevalle van Covid-19 in SA.
Die departement van gesondheid het ook nog 118 sterftes weens die virus aangekondig. Daar is nou ‘n totaal van 58 411 persone weens die virus oorlede.



