Vrou op 6 gediagnoseer met erge ekseem, waarsku mense teen steroïedroom

Sy help en beheer nou haar toestand deur gesond te eet.

Vrou op 6 jaar gediagnoseer met erge ekseem, waarsku mense teen steroïedroom

Vrou op 6 jaar gediagnoseer met erge ekseem, waarsku mense teen steroïedroom Foto: Daily Mail

LONDEN. – Megan Crome (25) wat op die ouderdom van ses met erge ekseem gediagnoseer is, waarsku nou ander teen die oorgebruik van steroïedroom nadat haar vel glo skubbe ontwikkel het as ‘n onttrekkingsimptoom.

Haar toestand het in haar tienerjare vererger en sy is meer steroïedrome asook ander medikasie, voorgeskryf. Megan onthou dat sy toe vreeslike rooiheid op haar vel ontwikkel het. Dit het haar vel laat swel en hitte laat uitstraal dat sy skaars aan haarself kon raak.

Haar vel het begin afskilfer. Haar hele liggaam was rooi gekrap en haar gesig was vol dik korse wat voortdurend infeksies opgedoen het. “My vel het warm gevoel; terselfdertyd het dit binne koud gevoel. My vel het gelyk soos akkedisagtige skubbe. Ek kon later nie eers meer slaap nie,” sê Crome aan Daily Mail.

Sy het later haar lus vir die lewe verloor, sy was terneergedruk en depressief. Sy sê sy kon haarself later nie eers meer in die spieël kyk nie. Dit is toe sy weer terug na haar ma-hulle se huis getrek het. Sy het haarself afgesonder en nie meer na vriende uitgegaan nie.

Crome gebruik nie meer die room nie en wil ander teen die gebruik daarvan waarsku.

Sy help en beheer nou haar toestand deur gesond te eet en het ook suiwel, koring en gluten uitgesny. Sy neem nou meer vitamiene en visolie in.

LEES OOK: KYK: ‘Hierdie is ‘n regstreekse uitsending,’ sê aanbieder aan kollega

LEES OOK: Pa baklei hard na ongeluk op pad na sonar-afspraak

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *