Ouers neem baba met skaars velsiekte aan

Ouers neem baba met skaars velsiekte aan

Ouers neem baba met skaars velsiekte aan

CHICAGO. – Hanna Rose is as ‘n baie klein babatjie met harlequin ichthyosis, ‘n velsiekte wat veroorsaak dat haar vel tien keer vinniger groei as normaal, gediagnoseer en het sy dus skilferagtige vel wat haar soos ‘n brandslagoffer laat lyk. Sy is op die ouderdom van 10 maande deur ‘n gesin van Chicago aangeneem.

Carla Brown was die oudste van agt kinders. Gretig om haar eie groot familie te kry, het Carla en haar man, Paul, ses kinders gehad en wou hulle nog hê. Hulle het in 2011 nog ‘n seuntjie aangeneem en in 2013 nog drie.

Carla het in Junie 2020 ‘n plasing op Facebook ontdek van ‘n aannemingsagentskap wat op soek is na ‘n familie om ‘n babatjie met ‘n baie skaars velsiekte aan te neem.

Besluit om haar aan te neem

Hulle het besluit om haar aan te neem. Twee weke na sy by haar nuwe huis aangekom het, is Hanna na die intensiewesorgeenheid gejaag met ‘n infeksie as gevolg van haar siekte. Haar bloeddruk, haar niere en haar temperatuur het dokters laat glo dat sy nie langer as haar eerste 48 uur in die hospitaal sou oorleef nie.

Sy is egter na 53 dae ontslaan en weer by die huis.

Glad nie maklik nie

Carla vertel dat dit glad nie ‘n maklike taak is om na ‘n baba met harlequin ichthyosis om te sien nie. Hanna se dik, korsagtige vel benodig twee uur-lange badsessies per dag, en ook voorskrifsalf elke drie uur om seker te maak haar vel skeur nie.

Hanna se vingers en tone is ook misvormd as gevolg van die dik lae vel wat groei belemmer. Sy is ook gedeeltelik doof as gevolg van die vel wat haar oorkanaal blok.

Carla en Paul sê dat hulle tem spyte van die uitdagings, vir Hanna ‘n normale lewe wil hê.

Siekte is baie ooglopend

“Haar siekte is baie ooglopend,” sê Carla. “Haar gesig is helderrooi en haar vingers en tone is misvormd.

“Ek het al met ander ma’s gepraat wat ook kinders het met harlequin ichthyosis. Hulle was ook al by die parkie waar ander kinders weggehardloop het of na haar vinger gewys het en dit gaan ‘n uitdaging wees wanneer sy ouer word.”

“Maar soos al die ander uitdagings wat ons tot dusver in die gesig moes staar, sal ons dit ook hanteer.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *