Verbrande liggaam met hande vasgebind buite Kimberley gevind, twee gevonnis

Op 18 April 2017 het die polisie die verdagtes weens die moord in hegtenis geneem.

Verbrande liggaam met hande vasgebind buite Kimberley gevind, twee gevonnis

Verbrande liggaam met hande vasgebind buite Kimberley gevind, twee gevonnis Foto: trussvilletribune.com

KIMBERLEY. – Twee mans is gevonnis nadat die verbrande liggaam van Ridhwaan Mackay (19) met sy hande agter sy rug vasgebind, in ‘n veld langs die R31 net buite Kimberley gevind is nadat hy deur sy familielede as vermis aangemeld is.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die voorval het in 2017 plaagevind. “Die VW Golf 7 wat Mackay bestuur het, is enkele dae nadat hy as vermis aangemeld is, verlate in West End in Kimberley gevind. Op 18 April 2017 het die polisie die verdagtes weens die moord in hegtenis geneem.”

Twee in hegtenis na verbrande liggaam

Leonardo Andrews (23) is op 17 September 2018 skuldig bevind. Hy het ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan en is tot sewe jaar gevangenisstraf weens regsverydeling gevonnis. Die tweede beskuldigde, Bradley Ortell (24), is borgtog geweier en was sedert sy inhegtenisneming in aanhouding.

Op 8 Junie 2021 het hy ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan en is op 10 Junie 2021 gevonnis. Ortell het 18 jaar gevangenisstraf gekry vir moord en diefstal waarvan vyf jaar opgeskort is. Die hof het ook in ag geneem dat die beskuldigde al vier jaar in aanhouding is.

LEES OOK: KYK: ‘Hierdie is ‘n regstreekse uitsending,’ sê aanbieder aan kollega

LEES OOK: Pa baklei hard na ongeluk op pad na sonar-afspraak

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *