Pa baklei hard na ongeluk op pad na sonar-afspraak

Pa baklei hard na ongeluk op pad na sonar-afspraak

Pa baklei hard na ongeluk op pad na sonar-afspraak Foto: Facebook

PRETORIA. – ‘n Pa, Lampies Robbertse (35), baklei steeds hard in die hospitaal nadat hy en sy swanger vrou en sy dogtertjie (2) in ‘n ongeluk op pad na die vrou se roetine-sonar betrokke was.

WAARSKUWING: Foto’s in die berig mag sensitiewe lesers ontstel.

“Daar is goeie nuus en bietjie slegter nuus, maar ons gaan slegs fokus op die goeie nuus,” so begin Charmain Robbertse, Lampies se ma, die inskrywing op Facebook waar sy almal op hoogte bring oor sy vordering.

Foto: Facebook

“Lampie baklei ongelooflik hard van sy kant af, sy bloeddruk het gestabiliseer sonder medikasie of hulpmiddels op hierdie oomblik. Hy is nog steeds op die ventilator, maar dit is op minimum gestel want hy haal self asem. Dit is ons awesome nuus.

Die niere en die blaas het seergekry en sy nierfunksie neem af, maar hulle hou dit dop en indien nodig sal hulle hom op dialise sit. Sy plaatjietelling is baie laag, vandaar dat hy so maklik bloei, maar hulle hou dit dop en werk daaraan.”

FiND iT het vroeër berig Riekie, sy vrou, het nie ‘n “skrapie aan haar nie”. Luzanda (2) het beserings aan haar een been en ore opgedoen, met ‘n paar ander stukkende plekke.

“Hulle begin hom stadig van alle medikasie wat sy hart ondersteun afhaal, want sy hart doen sy eie werk. Sy longe is gekneus en het effe infeksie, maar hulle kon vanoggend die ventilator tot op sy laagste draai en hy haal self asem. Sy pelvis is voor en agter gebreek, maar hulle het dit gestabiliseer sowel as die femur. Sy nierfunksie wek nog kommer en skei nie die gifstowwe uit sy liggaam soos dit veronderstel is om te doen nie. Daar bestaan ‘n moontlikheid dat hy een nier kan verloor.

Pa hou aan baklei na ongeluk

“Die grootste kommer is die breinswelling en hulle monitor dit gereeld. Daar is ook skade aan sy kleinbrein. Hulle probeer tans die swelling met medikasie onder beheer bring, maar hulle sal seker Donderdag stents insit om te dreineer. Ons sal eers as hy uit die koma uitkom (mediese koma) die omvang van enige skade kan vasstel.”

Lampies se ma se verder dit gaan goed met Riekie. Sy sal hom môremiddag vir die eerste keer sedert die ongeluk kan sien.

“Luzandra lag en gesels, maar op kere het sy baie seer en die gips aan haar beentjie irriteer haar net baie.”

LEES OOK: Rit na roetine-sonar eindig in tragiese ongeluk

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *