KWAZULU-NATAL. – Netcare 911-personeel het Woensdagoggend gereageer op inligting van ‘n ongeluk wat by ‘n konstruksie-area in Wyebank, Durban, plaasgevind het.
Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare 911, sê die verslae dui daarop dat die bestuurder van ‘n konstruksievoertuig beheer verloor het oor die voertuig en die voertuig toe gerol het.
‘n Volwasse man het ernstige beserings opgedoen toe die masjien in die proses oor hom gerol het.
Hy is op die toneel deur Netcare 911-paramedici behandel voor hy deur ‘n helikopter na ‘n hospitaal geneem is vir verdere behandeling.




