Tiener deel video van moordtoneel op sosiale media

Die tiener het glo aan die polisie gesê hy wou ’n einde maak aan sy pa se mishandeling van die gesi

Tiener deel video van moordtoneel op sosiale media

Tiener deel video van moordtoneel op sosiale media

FRANKRYK. – ’n Tiener (17), wat glo sy pa met ’n mes doodgesteek het, het na die misdaad ’n video van die moordtoneel op sosiale media gedeel.

LEES OOK: Hartseer, woede – Yolandi Botes se dogter laat haar stem hoor

40 mense sien video

Ongeveer 40 mense het reeds die video gesien voordat die polisie dit reggekry het om dit te verwyder.

Volgena Maroela Media het die seun Saterdagaand 5 Junie 2021 die polisie gebel en gesê hy het sy pa in hulle gesinshuis doodgesteek, maar nie voordat hy die video gedeel het nie.

By hulle aankoms op die toneel het die polisie die man se liggaam met verskeie steekwonde aangetref. Hulle het die seun, wat glo onder die invloed van alkohol was, in hegtenis geneem.

Beweerde mishandeling

Die tiener het glo aan die polisie gesê hy wou ’n einde maak aan sy pa se mishandeling van die gesin. Die seun se ma het glo verlede maand ’n klag van huishoudelike geweld by die polisie ingedien en sy en die kinders het uit die gesinshuis uitgetrek.

Die tiener is Maandag van strafbare manslag en die publisering van beeldmateriaal wat verband hou met ’n misdaad, aangekla.

LEES OOK: Wayne Couzens erken verkragting en ontvoering van Sarah Everard

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *