Hartseer, woede – Yolandi Botes se dogter laat haar stem hoor

“’n Maand gelede was my wêreld geskud en ek het besef my ma is regtig oorlede, dat sy vermoor is!”

Hartseer, woede – Yolandi Botes se dogter laat stem hoor

Hartseer, woede – Yolandi Botes se dogter laat stem hoor Foto: Facebook

Mens kan die hartseer en woede in die woorde ervaar wat Yolandi Botes se oudste dogter onlangs neergepen het.

Dit is net bietjie meer as ’n maand sedert Yolandi Botes se opgekapte liggaam op 4 Mei 2021 in die Vaalrivier gekry is.

LEES OOK: Wees só gereed vir wanneer die krag afgaan

Geskok

Yolandi se oudste dogter (17) het in ’n Facebook-plasing op die Justice for Yolandi Facebook-groep gesê hoe geskok sy was om te besef haar ma is al ’n maand lank oorlede.

“’n Maand gelede was my wêreld geskud en ek het besef my ma is regtig oorlede, dat sy vermoor is!”

Die hartseer hang swaar in haar woorde soos sy verder verduidelik hoe sy die belangrikste persoon in haar lewe verloor het.

“Ek het iemand verloor wat die wêreld vir my beteken het, die persoon wat my in hierdie wêreld ingebring het, wat my geleer loop en praat het, die persoon wat my alles wat ek van die lewe af weet geleer het en wat altyd daar was vir my.”

Sy het voortgegaan om te skryf hoe dit nie saak maak watter argument hulle gehad het nie, hulle het altyd ’n manier gekry om daaroor te kom en dat haar ma altyd ’n spesiale plek in haar hart sal hê.

“Ek mis die popcorn en sop wanneer ek sleg gevoel het. Ek mis ons pamper-aande en die tyd wat ons saam spandeer het. Ek mis om jou stem te hoor.”

Spreek woede uit

In die plasing is haar woede ook duidelik wanneer sy praat oor wat van haar gesteel is.

“Ek kan nie glo laat iemand so wreed kan wees nie. Jy het my ma weggevat. Sy het drie pragtige kinders en ’n gebreekte ma agtergelaat. Ons sal alles in ons vermoë doen om seker te maak jy boet vir wat jy gedoen het. Al het ons niks meer oor nie. ’n Klein boksie en ’n foto is al wat ek van my ma oorhet. Haar stem sal nie stilgemaak word nie.”

LEES OOK: Aand-roetine vir jou gesig

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *