Wees só gereed vir wanneer die krag afgaan

Deel hierdie storie / Share this story

Beurtkrag is weer met ons en alhoewel dit almal frustreer, is dit goed om voorbereid te wees wanneer dit wel geïmplementeer word.

LEES OOK: Hoe om te wys jy is werklik jammer

Hier is ’n paar wenke hoe om gereed te wees wanneer die ligte afgaan.

  • Plaas die voorafgeskeduleerde beurtkragprogram op ’n sigbare plek sodat jy vroegtydig voorbereid kan wees;
  • Hou altyd kerse en aanstekers binne bereik vir wanneer die krag skielik afgaan. Jy kan ook flitsligte met ekstra batterye byderhand hou;
  •  Maak seker alle toestelle soos selfone en skootrekenaars is vol gelaai;
  • Dit is ’n goeie idee om ’n batterypak aan te skaf vir indien jy nie jou toestelle betyds kon laai nie;
  • As jy ’n elektriese hek of motorhuis het, maak seker jy het genoeg batterye wat jy kan inspan sodra ’n krisis opduik;
  • Vir al die liefhebbers van koffie en tee, kook vooraf water en gooi dit in ’n warmfles vir wanneer jy lus is vir ’n warm koppie koffie of tee;
  • Vries leë koeldrankbottels vol water om in jou yskas of vrieskas te plaas sodat kos nie afgaan of sleg word nie;
  • Dit is ook ’n goeie idee om ’n gaslampie of twee te hê;
  • Bedien kosse soos ham-, kaas- en tamatiebroodjies wat nie elektrisiteit benodig om voor te berei nie.

LEES OOK: Gif vir vroue om van hulle mishandelende mans ontslae te raak