Gif vir vroue om van hulle mishandelende mans ontslae te raak

Daar word ook vermoed haar ma het die gif gebruik om haar pa dood te maak toe Giulia net 13 jaar oud was.

Gif vir vroue om van hulle mishandelende mans ontslae te raak

Gif vir vroue om van hulle mishandelende mans ontslae te raak Foto: Medium

Giulia Tofana was ’n Italiaanse professionele vergiftiger. Sy was bekend daarvoor dat sy gif verkoop het aan vroue wat hul mishandelende mans wou vermoor. Sy was die uitvinder van die beroemde gif Aqua Tofana, wat na haar vernoem is.

Was nie so iets soos skei nie

Tofana is in 1620 in Palermo gebore, terwyl egskeiding nie ’n opsie was nie. Seuns en dogters is in liefdelose, mishandelende verhoudings ingetrou sonder dat dit moontlik was om daarvan te ontsnap voor die dood van ‘n eggenoot.

Daar word geglo Giulia het by haar ma ’n resep geërf om gif te maak. Daar word ook vermoed haar ma het die gif gebruik om haar pa dood te maak toe Giulia net 13 jaar oud was.

Vergiftig eggenote

Giulia het die gif begin vervaardig en aan mans en vroue verkoop wat van hulle mishandelende eggenotes wou ontslae raak.

Giulia se kliënte het hoofsaaklik uit vroue bestaan omdat sy baie met hulle meegevoel het, veral diegene met ’n lae status. Sy het die gif gegee aan vroue wat vasgevang was in hul ongesonde en gevaarlike huwelike. Aqua Tofana was meestal vermom as ’n genesende olie of ’n gewone parfuum. Sy het bekend geword as ’n vriendin van die onrustige vrou en het baie verwysings ontvang.

Giulia het nie net die gif versprei nie, maar het ook vir die vroue stap vir stap leiding gegee oor hoe om dit te gebruik, wat om na die tyd te doen en hoe om op te tree as hulle verdink word.

Haar gif het stadig gewerk om die dood te laat lyk asof dit deur ’n natuurlike siekte veroorsaak word.

600 mans vergiftig

Giulia se besigheid is uiteindelik deur ’n kliënt aan die owerhede bekend gemaak. Sy was egter so gewild dat die plaaslike bevolking haar beskerm het. Sy het na ’n kerk ontsnap, waar sy skuiling gekry het.

Sy is uiteindelik in hegtenis geneem en het erken dat sy 600 mans vergiftig het voordat sy die doodstraf ontvang het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *