Leser vertel: ‘Wees paraat!’

“Die les is, wees paraat.”

Leser vertel: "Wees paraat!" (Foto: CBN)

Leser vertel: "Wees paraat!" (Foto: CBN)

“So, dit het onlangs met my gebeur. Ek het aansoek gedoen vir ‘n werk op ‘n ander dorp en het dringend ‘n lisensie nodig gehad.

“Toe kry ek ‘n persoon se nommer wat toevallig lisensies doen, dus het ek met hierdie persoon begin praat en reëlings begin tref oor hoe, wat en waar. Ek was gesê dat ek nie hoef uit te passeer nie, my lisensiekaart sal vir my gestuur word.

“Wel, heel gerieflik, dink ek toe by myself. So, ek stuur toe my leerlinglisensie na hom per WhatsApp, en dis waar alles gebeur het.

“Ek betaal toe ‘n klein bedrag oor in sy bankrekening, wat ek glo goed in my guns sal tel as dit wel ‘n scam is. ‘n Week later bel ek hom en sê dat ek die res van die geld het en dat ek sal gaan na die naaste verkeersdepartement, ongeveer so 50 km weg.

“Ek het begin skepties raak en het aangedring dat ek net die geld sal gee wanneer die lisensie in my hand is. Hy begin toe verskoning maak dat daar kameras is en hy mag nie geld vat by ‘n persoon nie en dat hy afgedank sal word, dit moet in sy bankrekening betaal word. Ek vra toe, as hy ‘n foto stuur van my lisensie in sy hand, dan sal ek die geld in sy rekening betaal.

“Ek was toe gesê daar sal ‘n man my by die hek kom kry en my invat. Daar was geen man nie.

“Na hy heeltyd aandring dat ek die geld in sy rekening moet inbetaal, gee ek hom die ultimatum dat hy my geld teruggee of ek neem dit na lede in my familie wat in die polisie is. Hy is toe nie afgeskrik nie, en ek bel die bank (die rekening waarin ek dit in betaal het). Hulle sê toe vir my dat daar vir ongeveer drie weke bedrae van dieselfde aard inbetaal is, maar dadelik by ‘n OTM, sowat 1 400 km weg van waar hy sê hy is, onttrek is.

“Die bank het toe verseker dat my geld dalk nie aan my gaan terugbetaal word nie en ek verstaan dit. Die persoon stuur my toe ‘n boodskap, dreig my en sê die bank het sy rekening gesluit.

“Die les is, wees paraat. 33% van die bevolking in Suid Afrika is werkloos. Daar is baie maniere om die koei te melk, moet net nie die koei wees nie. Doen besigheid van aagesig tot aangesig, in ‘n openbare plek en in dié geval, op die eerlike manier.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *