KYK: ‘Hierdie is ‘n regstreekse uitsending,’ sê aanbieder aan kollega

KYK: 'Hierdie is 'n regtsreekse uitsending,' sê aanbieder aan kolega

KYK: 'Hierdie is 'n regtsreekse uitsending,' sê aanbieder aan kolega Foto: Skermgreep, Twitter

“Jessica, hierdie is ‘n regstreekse uitsending” vorm deel van ‘n video wat sedert Woensdag op Twitter gedeel word. Hierdie video word beskryf as “die groot awkward oomblik tussen twee aanbieders”.

Die video begin waar die een aanbieder van NBC Namibia Nuus, Elmarie Kapunda, oor ‘n bokswedstryd praat, voordat sy oorgee aan die sportaanbieder, Jessica Kaimu. Terwyl Kapunda nog praat, val haar mede-aanbieder haar in die rede en sê: “Nee. Dit gaan nie so gebeur nie. Jy moet my net groet en dan sê ek moet voortgaan.”

Na die voorval staar die twee aanbieders slegs na mekaar en sê nie ‘n woord nie.

Baie wat die video reeds gekyk het, wonder wat gelei het tot die voorval. “Wonder wat het agter die skerms gebeur,” lui een van die kommentare.

LEES OOK: VIDEO: familielid sê ma en tienling ‘doen goed’, babas prematuur en in broeikas

LEES OOK: Pa baklei hard na ongeluk op pad na sonar-afspraak

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *