POTCHEFSTROOM. – Dinge kon baie lelik uitgedraai het vir ’n vrou wat gisteraand omstreeks 20:42 met ’n panga gedreig en beroof is. Die vrou is glo deur ’n groep mans in Wallisstraat beroof.
LEES OOK: Baba versmoor glo terwyl ma borsvoed
Van selfoon en sleutels beroof
Volgens Potchefstroom Herald is die vrou van haar sleutels en selfoon beroof.
Die groep van drie mans het glo daarna die vrou se sleutels gebruik om toegang tot haar woonstel te kry, waar hulle ook ’n man met die panga gedreig het. Hy is van verskeie elektroniese toestelle beroof voordat hy die panniekknoppie van ’n sekuriteitsmaatskappy kon druk.
Die polisie is van die voorval in kennis gestel.
LEES OOK: Oom slaan glo sewejarige nefie dood



