LIMPOPO. – ’n Ouma kon nie daarin slaan om haar kleinseun te beskerm toe sy oom glo Dinsdagaand met ’n breekyster op hom losgebrand het nie. Hy het glo die sewejarige seun doodgeslaan.
LEES OOK: Eks-man ontvoer, verkrag en vermoor vrou
Volgens Maroela Media is dit na bewering ’n geval van gesinsgeweld. Die voorval het in die Mandela-nedersetting naby Phalaborwa plaasgevind.
Die ouma het die seun tydens die aanval probeer beskerm, maar kon nie daarin slaag nie en is ook tydens die aanval beseer.
LEES OOK: Baba versmoor glo terwyl ma borsvoed



