Eks-man ontvoer, verkrag en vermoor vrou

Sy het egter op 16 Junie 2016 spoorloos verdwyn.

Eks-man ontvoer, verkrag en vermoor vrou

Eks-man ontvoer, verkrag en vermoor vrou

OOS-KAAP. – ’n Vrou (24) het spoorloos verdwyn nadat haar eks-man haar by ’n kuierplek aangerand het. Haar liggaam is ’n maand later naby ’n puttoilet opgespoor.

Alphios Mgijimas (41), die vrou se eks-man, is verlede week tot dubbele lewenslange tronkstraf vir haar ontvoering, verkragting en moord gevonnis.

LEES OOK: Wayne Couzens erken verkragting en ontvoering van Sarah Everard

Rand haar aan

A.o. Moitheri Bojabotseha, polisiewoordvoerder, sê die egpaar was in die proses van ’n egskeiding weens ’n mishandelende verhouding. Die oorledene was op 16 Junie 2016 by ’n kuierplek toe haar vervreemde man daar opdaag en haar aanrand.

Sy het egter op 16 Junie 2016 spoorloos verdwyn.

Byna ’n maand later op 15 Julie 2016 het ’n verbyganger op ’n liggaam naby ’n puttoilet afgekom en die polisie in kennis gestel.

In hegtenis

Mgijimas is dieselfde dag in hegtenis geneem, maar is later op borg vrygelaat. Hy is daarna weer in hegtenis geneem en in aanhouding gehou omdat hy nie vir sy hofdatum opgedaag het nie.

Hy het in aanhouding gebly tot en met sy vonnisoplegging wat op 3 Junie 2021 plaasgevind het.

LEES OOK: Hartseer, woede – Yolandi Botes se dogter laat haar stem hoor

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *