Baba versmoor glo terwyl ma borsvoed

Lovisa Kashopala, die baba se ma, sê sy het die baba geneem en begin borsvoed.

Baba versmoor glo terwyl ma borsvoed

Baba versmoor glo terwyl ma borsvoed Foto: Twine

NAMIBIË. – ’n Een maand oue baba het glo Saterdagoggend versmoor terwyl die ma die kind geborsvoed het. Die voorval het in die Onuumba-dorp in die Omusati-streek plaasgevind.

LEES OOK: Tiener deel video van moordtoneel op sosiale media

Ma en pa oes in die veld

Volgens owerhede het ’n agtjarige kind die baba in ’n drasak rondgedra terwyl die ouers in die veld geoes het. Die ma van die baba het die baba hoor huil en het die veld verlaat om te gaan borsvoed.

Lovisa Kashopala, die baba se ma, sê sy het die baba geneem en begin borsvoed, maar het ’n paar minute later agtergekom die baba drink nie meer nie. Dit is toe dat sy oplet die baba is dood.

Oorsaak van dood bevestig

Moses Simaho, die Omusati-polisie se plaaslike misdaadkoördineerder, sê die oorledene is Dinsdag na die lykshuis van die Okahao-polisie vervoer, waar ’n nadoodse ondersoek wat dieselfde dag gedoen is, die oorsaak van die dood as versmoring bevestig het.

LEES OOK: Wayne Couzens erken verkragting en ontvoering van Sarah Everard

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *