‘n Ouma in haar pienk kamerjas wat sonder enige moeite ‘n krat bier optel en wegdra nadat ‘n vragmotor wat drank vervoer omgeval het, het vanaf Woensdag op sosiale media bekend geword.
”Kyk die ou tannie in die pienk kamerjas. Sy is mos sterk om so ‘n swaar krat te dra,” lui een van die kommentare op die video. Die video is gister op ‘n groep eThekwini Secure op Facebook gedeel.
Kyk hier na die hele video:
https://www.facebook.com/1398867248/videos/10226026720320096/
Dit is nie bekend presies waar die vragmotor sy vrag alkohol verloor het nie.
LEES OOK: Alan Winde versoek staatsbegrafnis na Surtie-Richards se afsterwe
LEES OOK: VIDEO: familie en vriende kyk hoe Shaleen se liggaam uit gastehuis geneem word
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



