Alan Winde, Wes-Kaapse premier, het pres. Cyril Ramaphosa gevra om ‘n spesiale staatsbegrafnis vir Shaleen Surtie-Richards (66) goed te keur.
Surtie-Richards is Maandag dood in ‘n gastehuis in Kaapstad gevind. Sy was in die stad besig met die verfliming van die reeks Arendsvlei. Die familie wag nog vir die uitslae van die nadoodse ondersoek.
Winde sê in ‘n verklaring die familie steun sy versoek aan die president.
“Iemand wat in Upington gebore is en in Kaapstad grootgeword het, iemand wat ‘n kampvegter vir die kunste was. Gedurende haar loopbaan het sy meer as 40 toekennings gewen en in talle films en by feeste in Suid-Afrika en Londen opgetree. Die geliefde aktrise sal altyd bekend wees vir haar hoofrol in Egoli en vir die rol wat sy in Fiela Se kind vertolk het,” sê Winde.
LEES OOK: VIDEO: familie en vriende kyk hoe Shaleen se liggaam uit gastehuis geneem word
LEES OOK: Shaleen Surtie-Richards het nie selfdood gepleeg, sê familie
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



