SA’ners ondersteun vrou wat bejaarde sonder vergoeding help

SA'ners bied ondersteuning aan vrou wat bejaarde sonder vergoeding help

SA'ners bied ondersteuning aan vrou wat bejaarde sonder vergoeding help

DE AAR. – Daar is ‘n BackaBuddy-veldtog begin om geld in te samel om die 22-jarige Patricia de Vos te ondersteun ná dit aan die lig gekom het dat sy uit die liefde van haar hart besluit het om ‘n bejaarde vrou te help toe niemand anders wou nie.

Bartho Welgemoedt, wat die fondsinsameling begin het, sê Patricia se omgeehart en energie is wat in Suid-Afrika nodig is.

Patricia sê sy het die bejaarde tannie so af en toe gaan help en by haar plekkie in die ouetehuis voor sy siek geraak het. Die tannie is toe met bloedkanker gediagnoseer en toe sy by die plaaslike hospitaal in De Aar gaan navraag doen oor hoe die bloedoortappings gaan werk, is sy met Covid-19 gediagnoseer. Sy was vir ‘n paar dae in die hospitaal tot sy weer by die ouetehuis afgelaai is.

“Toe die Tannie weer by die huis was, wou niemand haar help nie, omdat almal bang was vir Covid-19. Sy was in ‘n stadium selfs in haar huis toegesluit. Sy het toe vir my ‘n boodskap gestuur en my gesmeek om haar te kom help, want sy is te swak om self reg te kom. Ek het toe uit liefde besluit om haar te gaan help, sonder vergoeding.”

Patricia het die tannie vir ‘n paar dae toe self gevoer, gehelp en opgepas voordat sy weer in die hospitaal opgeneem is. Sy is tans in die hospitaal in Britstown om aan te sterk.

Patricia sê sy gee vreeslik vir die tannie, wat haar geleer kook het en self ook ‘n paar keer weer vir háár warm komberse gegee het.

Patricia pas nou die tannie se twee Jack Russel-hondjies op en maak seker dat alles tuis goed verloop terwyl die tannie aansterk.

As jy miskien ‘n bydrae wil lewer om Patricia te ondersteun, klik hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *