JOHANNESBURG. – ‘n Vrou, Kerry June Ross (35), is sedert Saterdag 5 Junie vermis nadat sy laas by haar huis in Chartwell, Fourways, gesien is.
Niemand weet waar sy haarself moontlik kan bevind nie. Familie en vriende het nog niks van haar gehoort sedert die betrokke dag nie. Volgens Faceebook-inskrywings is sy nie oorspronklik van Johannesburg nie, maar werk tans daar.
Ross bestuur ‘n wit Ford Bantam-bakkie, 2012-model. Die bakkie het ‘n wit kap agter-op. Die registrasienommer is NPS70513.

LEES OOK: VIDEO: familielid sê ma en tienling ‘doen goed’, babas prematuur en in broeikas
LEES OOK: Pa baklei hard na ongeluk op pad na sonar-afspraak
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



