POLOKWANE. – Lucas Phasha (52), ‘n prokureur, het drie van sy vier kinders, onderskeidelik 2, 5, 7, 9, met ‘n byl doodgekap terwyl hy die vierde een se kop teen ‘n klip geslaan het.
Die beskuldigde is op vier aanklagte van moord skuldig bevind en vier keer lewenslange tronkstraf opgelê.
Phasha is op 17 Februarie 2020 in hegtenis geneem, dieselfde dag toe hy sy vier kinders vermoor het. Die lyke van die vier kinders is op twee afsonderlike plekke in die Ga-Phasha Selatole-dorpie buite Burgersfort in Limpopo gevind.
Daar is gevind dat drie kinders met ‘n byl doodgekap is en die vierde een, die jongste, se kop is teen ‘n groot rots gekap.
“Hierdie vonnis moet ‘n sterk boodskap stuur aan oortreders van soortgelyke gruwelike misdade,” het lt.genl. Hadebe gesê.
LEES OOK: VIDEO: taxi ry bo-oor seun en sy motorfiets
LEES OOK: Kyk! Vrou moeilik omdat sy nie Chicken Licken in McDonald’s mag eet nie
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



