Drie dood in botsing na breek van aandklokreël

Deel hierdie storie / Share this story

MPUMALANGA. – Drie mense, waaronder twee kinders, is dood toe ‘n taxi na 11 nm. teen ‘n aankomende motor op die N4 naby Machadodorp gebots het.

Die slagoffers het almal in die taxi gery. Die twee kinders en die taxibestuurder is in die ongeluk dood. Nog vier insittendes van die taxi is ernstig beseer en is na ‘n hospitaal vir behandeling geneem.

Daar word ‘n beroep op motoriste gedoen om by die aanklokreël te hou en nie na 11 nm. nog op die pad te wees nie.

LEES OOK: Paartjie se paaie skei na kêrel se Staffie kind (2) in gesig byt

LEES OOK: Reef (12) kry sy engelvlerke na kankerstryd

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.