Bruid erken sy wil nie ‘mooi, maer’ vriendin troue toe nooi nie

Deel hierdie storie / Share this story

AMERIKA. – ’n Bruid (27) het erken sy wil nie haar jarelange vriendin na haar troue toe nooi nie, want sy is bang al die aandag sal op haar vriendin wees, wat die dag vir die bruid sal ruïneer.

“Die rede waarom ek haar nie genooi het nie, is omdat sy van nature ongelooflik maer is en goed gebou is. Sy is ook pragtig,” het die bruid op haar Reddit-profiel verduidelik.

Bruid wil nie “oorgewig” lyk nie

Volgens die bruid, wat anoniem wil bly, is die vriendin maerder as al die ander vrouens en dit mag dalk die ander op foto’s laat sleg lyk. Sy verduidelik deur te sê die ander strooimeisies is groter gebou en omdat hulle almal dieselfde rokke gaan dra, mag die mooi, maer vriendin hulle dalk “oorgewig” laat lyk.

Lesers op Reddit was geskok toe die bruid voortgaan en sê sy wou aanvanklik nie eers vir haar vriendin vertel het wanneer sy trou nie. Volgens die bruid sal dit beter wees as die mooi, maer vriendin nie eers weet die troue vind plaas nie. “Het gedink dit sou maklik wees om dit vir haar weg te steek, maar soos die noodlot dit wou hê, het sy met een van ons goeie vriende begin uitgaan.”

LEES OOK: VIDEO: taxi ry bo-oor seun en sy motorfiets

LEES OOK: Kyk! Vrou moeilik omdat sy nie Chicken Licken in McDonald’s mag eet nie

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.