VIDEO: taxi ry bo-oor seun en sy motorfiets

Deel hierdie storie / Share this story

ROODEPOORT. – ‘n Taxibestuurder het Vrydagoggend ‘n Witpoortjie-leerling se motorfiets van agter getref wat veroorsaak het dat die leerling afval en die taxi oor hom en sy motorfiets ry.

WAARSKUWING: Video in hierdie berig kan sensitiewe lesers ontstel.

Die leerling was op pad skool toe, toe die voorval plaasgevind het. Die hele voorval is op kringtelevisie vasgevang. Die slagoffer se pa het aan NARI gesê die taxibestuurder het glo geen geldige lisensie gehad nie en sy PDP het na bewering verval. Volgens hom het die lisensieskyfie op die minibustaxi ook verval.

FiND iT het navraag by die polisie gedoen en wag op terugvoer.

LEES OOK: Kyk! Vrou moeilik omdat sy nie Chicken Licken in McDonald’s mag eet nie

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.