August 5, 2021

Dalk strenger wette vir rokers

Talle tabakmaatskappye het reeds die voorgestelde nuwe wette teengestaan.

Rokers staar dalk strenger wette in die gesig

Rokers staar dalk strenger wette in die gesig Foto: news-medical.net

SUID-AFRIKA. – Rokers staar moontlik strenger wette in die gesig nadat die departement van gesondheid aangekondig het hulle wil strenger wette implementeer.

Die konsepwetsontwerp op die beheer van tabakprodukte en e-sigarette vra die regering om saam met hulle te staan sodat nuwe wette in werking kan tree.

President Cyril Ramaphosa het in 2018 aangekondig dat rook in openbare plekke, soos werksplekke en geslote ruimtes waar kinders teenwoordig is, heeltemal verbode is. Lynn Moeng, hoofdirekteur van die departement van gesondheid, sê die konsepwetsontwerp op die beheer van tabakprodukte en e-sigarette wil die gebruik, verkoop en die bemarking van e-sigarette en vape-toestelle reguleer.

Volgens Moeng het talle tabakmaatskappye reeds die voorgestelde nuwe wette teengestaan omdat dit volgens hulle skade aan die tabakbedryf kan aanrig.

LEES OOK: Paartjie se paaie skei na kêrel se Staffie kind (2) in gesig byt

LEES OOK: Reef (12) kry sy engelvlerke na kankerstryd

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *