BEIJING. – Almal het al gehoor van ‘n beloning wat deur eienaars aangebied word wanneer hulle honde weggeloop het en weer gevind word, maar hierdie spesifieke vrou het ‘n huis aangebied vir die een wat haar Corgi veilig terugbring.
Die kennisgewing wat wyd op oorsese sosialemediablaaie versprei is, het opslae gemaak. Verskeie mense het ingespring en gehelp om die hond te help soek. Die inskrywing lui dat die Corgi Vrydag in die Fengtai-distrik in Beijing vermis geraak het. Die honde-eienaar, Xu, het gesê dat die beloning ‘n Beijing-geregistreerde huis sal wees.
Huis as beloning
Plaaslike media kon nie bevestiging kry of die belofte oor die huis waar is nie. Daar is wel gesê die huis kan nie aan “enigiemand” gegee word nie , want dit kan “nie maklik oorgedra” word nie.
Die kennisgewing sê ook die familie is almal baie geheg aan die hond en hulle sal hom graag wil terughê.
LEES OOK: Paartjie se paaie skei na kêrel se Staffie kind (2) in gesig byt
LEES OOK: Reef (12) kry sy engelvlerke na kankerstryd
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



