Harry en Meghan verwelkom dogtertjie, Lilibet Diana

Luidens ‘n verklaring is beide Meghan en Lilibet gesond en tuis.

Harry en Meghan verwelkom dogtertjie, Lilibet Diana (Foto: EWN)

Harry en Meghan verwelkom dogtertjie, Lilibet Diana (Foto: EWN)

Prins Harry en Meghan Markle se dogtertjie, Lilibet “Lili” Diana Mountbatten-Windsor, is Vrydag gebore.

Die baba is Vrydag om 11:40 gebore en is na haar oumagrootjie koningin Elizabeth en ouma prinses Diana vernoem.

Luidens ‘n verklaring is beide Meghan en Lilibet gesond en tuis.

“Dit is met groot vreugde dat prins Harry en Meghan, hertog en hertogin van Sussex, hulle dogter, Lilibet ‘Lili’ Diana Mountbatten-Windsor, in die wêreld verwelkom,” lui die verklaring.

Lilibet het 3,49 kg met geboorte geweeg.

Die paartjie het hulle ondersteuners in ‘n boodskap bedank en gesê dat Lili is “meer as wat hulle hul ooit kon indink” en dat hulle dankbaar bly vir die liefde en gebede wat hulle van regoor die wêreld ontvang het. – NBC News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *