Gauteng het helfte van SA se daaglikse infeksies

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – Suid-Afrika beleef tans die derde golf van Covid-19 en Gauteng is verantwoordelik vir die helfte van die land se daaglikse infeksies.

Meer as 2 800 pasiënte is tans hier in die hospitaal opgeneem, met meer as 19 000 aktiewe gevalle. Die meeste sterfgevalle het ook die afgelope 24 uur in Gauteng voorgekom.

Alhoewel die provinsie reeds hoë syfers sien, waarsku gesondheidsowerhede infeksies sal eers volgende maand ‘n hoogtepunt bereik.

Suid-Afrika het vandag 5 668 nuwe positiewe gevalle aangeteken.

LEES OOK: Covid-19-inenting vir sekere werknemers dalk later verpligtend

LEES OOK: Wat alles vandag in die Horner-moordsaak hofverskyning gesê is 

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.