Swanger transgender man laat mense dink hy het ‘bierpens’

Deel hierdie storie / Share this story

Die transgender man, Kayden Coleman (34), wat al twee keer geboorte gegee het, sê dat hy al ‘n belaglike’ aantal kere aangeraai is om ‘n aborsie te laat doen en selfs glo al behandeling geweier is.

Coleman het ‘n sewejarige, Azaelia, en ‘n tien maande oue babatjie, Jurnee, saam met sy maat. Hy vertel hy hou daarvan om pa te wees, maar Kayden het ook talle traumatiese ervarings deurgemaak terwyl hy swanger was.

Kayden het in 2009 begin met die proses. In Maart 2013 het hy ‘n mastektomie gehad om sy borste te verwyder en moes hy tydelik stop met die inname van testosteroon. Gedurende hierdie tyd was hy geskok toe hy ontdek dat hy vyf maande swanger was met sy eersteling. Hy het toe in 2014 geboorte geskenk.

Transgender man weer swanger

Foto: Instagram

Verlede jaar Januarie het hy gehoor hy is swanger met sy tweede kind. Hy vertel aan Today mense het hom nooit tydens sy swangerskap veroordeel nie, want almal het altyd net aangeneem hy is vet.

Kayden is passievol en wil mense bewus maak van swangerskap en swangerskapversorging vir transpersone. Hy is nou besig om mense op te voed oor trans en swanger wees en bied selfs werksessies oor die onderwerp aan.

“Toe Azaelia gebore is, was daar baie mense wat gesê het hulle kry haar jammer en dat sy sal opgroei en verward wees. Hulle het gesê sy moet weggeneem word en het my ‘n monster genoem. Maar dit is belangrik vir mense om te verstaan ​​dat ons volle outonomie oor ons liggame het en ons moet daarmee doen soos ons wil.”

Hy sê verder hulle dogter is glad nie skaam vir hulle nie en vertel van haar twee pa’s as mense haar vra.

LEES OOK: Babaseuntjie lê leweloos na hy tussen ouers aan die slaap raak

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.