FiND iT gesels met Boeta Dippenaar, vlieënier vir ROCKET

Voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler en -kommentator Boeta Dippenaar is deesdae vlieënier vir ROCKET HEMS-lugambulans.

Dippenaar, wie getroud en die pa van drie dogters is, sê die grootste beloning om as vlieënier vir ‘n lugambulans te werk, is die feit dat hy werklik ‘n verskil in iemand se lewe kan maak.

“Iemand se gesondheid is eintlik sy belangrikste bate en deur sy lewe te red en hom in nood by te staan, help ons hom eintlik om sy belangrikste bate te beskerm.”

Proteas en toe vlieënier

Dippenaar het terwyl hy vir die Proteas krieket gespeel het, begin met sy opleiding as vlieënier.

“Dit was eintlik heel toevallig dat ek begin vlieg het. Terwyl ek krieket gespeel het, het ek een of twee keer die geleentheid gehad om in ‘n helikopter te vlieg en ek het baie daarvan gehou. Toe ek my eerste kwalifikasie gedoen het, het ek net aangehou. Nou het ek net een kwalifikasie oor om te voltooi!”

Dippenaar het in 2009 begin vlieg en is al sedert die ROCKET-diens in Julie 2020 begin is, een van die vlieëniers.

Dippenaar, wat in 2005 sy PPL-lisensie voltooi het en in 2006 kommersieel begin vlieg het, het net een kwalifikasie oor om te voltooi.

Hy het in 2005 begin vlieg en in 2009 deeltyds begin. Hy het in 2012 opgehou krieket speel.

Belewenis om mense by te staan

Hy sê die keer wat hy ‘n drie-weke-oue baba van Nelspruit na Sunninghill moes vlieg, was ‘n belewenis wat hy nooit sal vergeet nie. “Om ‘n kind se lewe te red, is altyd spesiaal. In dié geval moes ons ‘n babatjie, vir wie daar nie die nodige fasiliteite was nie, van Nelspruit na Sunninghill vlieg. Dit was ‘n ongelooflike belewenis.”

Dippenaar sê sy planne vorentoe behels om seker te maak dat ROCKET, wat reeds ‘n wêreldklas lugambulans is, in die spesialiteitsveld verbeter. “Ons wil poog om die voetspoor wat ons agterlaat, net soveel groter te maak en só ‘n impak op die wêreld maak.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *