SUID-AFRIKA. – Met Suid-Afrika wat tans die derde golf van positiewe Covid-19-infeksies beleef, doen die regering ‘n beroep op maatskappye om aan boord te kom om werkers te help inent.
Prof. Hugo Pienaar, direkteur van Cliffe Dekker Hofmeyr se indiensnemingspraktyk, sê aan ENCA-nuus dit is belangrik dat die konstitusionele regte van werknemers in ag geneem word.
Volgens Pienaar is dit nie onmoontlik dat die inenting in ‘n latere stadium verplig vir sekere werkers sal wees nie, aangesien dit al in die verlede gebeur het. Hy sê wel werkgewers gaan die regte dokumentasie vir so ‘n reëling in plek moet hê.
“Politieke en godsdienstige besware sal ook eers in ag geneem moet word en werkgewers sal moet kyk hoe hulle dit kan oorkom.”
LEES OOK: Wat alles vandag in die Horner-moordsaak hofverskyning gesê is
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



