SENEKAL. – Hier praat Petrus Phakamile Sitho, aktivis teen plaasmoorde, oor wat alles vandag in die landdroshof gesê is, waar die twee verdagtes vir die moord op Brendin Horner (21) verskyn het.
Kyk hier na die video:
https://www.facebook.com/finditnuus/videos/854411605170687/
Sekwetja Mahlambi (32) en Sekola Matlaletsa (44) het vandag weer hier op aanklag van moord verskyn. Die saak is tot 8 Junie uitgestel.
Horner (21) is aan die begin van Oktober 2020 op ‘n plaas in Paul Roux vermoor. Sy liggaam is vasgemaak aan ‘n paal gevind. Die twee beskuldigdes, Sekwetja Mahlambi (32) en Sekola Matlaletsa (44), het al verskeie kere in die hof verskyn, maar die saak is uitgestel weens uitslae van DNS-monsters wat nog nie bekend was nie.
LEES OOK: Petrus hou emosionele onderhoud met Brendin se ma voor hofverskyning
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



