Petrus hou emosionele onderhoud met Brendin se ma voor hofverskyning

Deel hierdie storie / Share this story

SENEKAL. – Petrus Phakamile Sitho, aktivis teen plaasmoorde, het Donderdagmiddag die vermoorde Brendin Horner (21) se ma besoek. Horner se moordverdagtes verskyn vandag weer in die hof.

Horner (21) is aan die begin van Oktober 2020 op ‘n plaas in Paul Roux vermoor. Sy liggaam is vasgemaak aan ‘n paal gevind. Die twee beskuldigdes, Sekwetja Mahlambi (32) en Sekola Matlaletsa (44), het al verskeie kere in die hof verskyn, maar die saak is uitgestel weens uitslae van DNS-monsters wat nog nie bekend was nie.

Petrus gaan hofverrigtinge bywoon

Die twee moordverdagtes sal vandag weer in die Senekal-landdroshof op aanklag van moord verskyn. Met Mahlambi en Matlaletsa se hofverskyning twee maande gelede het hulle gehoop om die uitslae van die monsters sowel as die ontleding van die bloed op een van die verdagtes se klere bekend te maak.

Albei die verdagtes bly sedert hulle inhegtenisneming in aanhouding. Matlaletsa was aanvanklik verlede jaar op borg van R5 000 vrygelaat, maar is kort daarna weer op aanklag van veediefstal in hegtenis geneem. Beide verdagtes pleit steeds onskuldig op aanklag van moord.

Die hofverrigtinge, wat Petrus ook sal bywoon, begin vanoggend om 08:30.

LEES OOK: Boer Neil McKay (46) se vermeende moordenaars in hof

LEES OOK: Babaseuntjie lê leweloos na hy tussen ouers aan die slaap raak

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.