Sjokoladepiesang in ’n beker

Deel hierdie storie / Share this story

Hier is ’n maklike resep vir ontbyt in ’n beker.

LEES OOK: Dokter gevonnis vir R2.25 miljoen se bedrog

Bestanddele:

  • 1 sny brood, in blokkies gesny
  • 1 eier
  • 2 eetlepels melk
  • 1 teelepel kakaopoeier
  • piesang, in skyfies gesny
  • sjokoladeskyfies na smaak

Vir die bolaag (opsioneel):

  • geklopte room na smaak
  • sjokoladestroop na smaak

Metode:

  • Sny brood in blokkies.
  • Voeg eier, melk en kakaopoeier in ’n bak en meng.
  • Plaas die helfte van die broodblokkies en die gewenste hoeveelheid piesangs en sjokolade in ’n mikrogolfbestande beker.
  • Plaas die res van die brood bo-oor en giet die eiermengsel in die beker.
  • Mikrogolf op hoog vir 1½ minute of totdat die eier gaar is.
  • Vul dit met geklopte room en sjokoladestroop.
  • Geniet dit!

Oorspronklike resep deur Tasty.

LEES OOK: DNA sorg vir 10 jaar agter tralies vir verkragter