DNA sorg vir 10 jaar agter tralies vir verkragter

Deel hierdie storie / Share this story

STRYDENBURG. – DNA het gesorg dat ’n verkragter 10 jaar lank agter tralies gaan deurbring.

Op 30 Oktober 2016 omstreeks 04:00 het ’n vrou (24) huis toe gestap toe Michael van Rooyen (28) haar aangeval en na ’n boom by die Strydenburg-hotel gesleep het.

LEES OOK: Poeding of ontbyt?

Balaklava aangehad

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die man het ’n balaklava aangehad toe hy die vrou verkrag het. Die slagoffer kon nie uitmaak wie die man was nie.

Michael van Rooyen is uiteindelik opgespoor en op 14 Maart 2019 in hegtenis geneem. Die ondersoek en DNA het Van Rooyen positief met die verkragting verbind. Hy het in aanhouding gebly totdat hy gevonnis is.

Van Rooyen is in die streekhof op Hopetown skuldig bevind en onlangs tien jaar gevangenisstraf vir die verkragting opgelê.

LEES OOK: Net in Suid-Afrika?