DURBAN – Die twee verdagtes wat in hegtenis geneem is vir die moord op Neil McKay (46) verskyn vandag in die hof. McKay se liggaam is op 10 April 2021 om 10:00 met wurgmerke aan die nek op sy plaas Skietdrif in Winterton gevind.
McKay was verlam nadat hy 20 jaar gelede ‘n plaasaanval oorleef het. Lees die vorige berig hier.
“McKay se hande was vasgebind en hy is in sy rolstoel gevind. Daar is vasgestel dat ‘n onbekende bedrag kontant, ‘n verkyker en ‘n luidspreker uit die huis geneem is. ‘n Saak van moord is dadelik geopen,” sê kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder.
Neil Mckay se vermeende moordenaars verlede maand vasgetrek
Verlede maand het ‘n span speurders van Winterton-polisie twee verdagtes in hegtenis geneem. Die eerste verdagte Bongani Mkhwanazi (18) is in die Khethani-omgewing in Winterton in hegtenis geneem. Die tweede verdagte Bokang Petro Tsatsi (23) is in Acaciaville in Ladysmith in hegtenis geneem waar hy glo weggekruip het.
Tsatsi is na bewering in besit van die oorledene se verkyker en ‘n luidspreker gevind. Hulle het verlede maand hul eerste hofverskyning gemaak. Die twee verdagtes verskyn vandag weer in die landdroshof op Colenso vir ‘n formele borgtogaansoek.
LEES OOK: Video – polisielede weier glo hulp aan vrou
LEES OOK: Babaseuntjie lê leweloos na hy tussen ouers aan die slaap raak
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



