Het jy al ooit iets gesien gebeur en by jouself gedink “net in Suid-Afrika?” Die toneel in hierdie video, wat deur ’n motor vasgevang en op die Facebook-blad SA Long Distance Truckers gedeel is, wys presies so ’n oomblik.
LEES OOK: Poeding of ontbyt?
In die video kan gesien word hoe twee mense aan die agterkant van ’n bus, wat teen ’n hoë spoed beweeg, vasklou. Die insident vind op ’n hoofweg plaas. Dit lyk of dit vir die twee ’n groot grap is. Soms klou hulle bene en al teen die bus vas en dan weer sleep hulle voete op die grond.
Kyk die video hier:
Video deur SA Long Distance Truckers.



