NOORD-KAAP – ‘n 19-jarige van Vosburg is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy sy halfsuster na ‘n verlate plek geneem en haar verkrag het.
“Die voorval het op 1 Februarie 2020 in Vosburg plaasgevind, waar die beskuldigde na die slagoffer se huis gegaan het en haar geld aangebied het om hom na ‘n plaaslike taverne te vergesel,” sê kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder.
Die slagoffer het ingestem om saam te gaan, maar hy het haar toe na ‘n verlate gebou geneem waar hy haar verkrag het.
Nadat hy haar verkrag het, het hy haar teruggeneem huis toe. Sy het haar suster van die voorval vertel, wat die polisie in kennis gestel het.
Die beskuldigde is op 2 Februarie 2020 in hegtenis geneem en het in aanhouding gebly totdat hy op 2 Junie 2021 tot 20 jaar effektiewe gevangenisstraf gevonnis is. Hy is ook ongeskik verklaar om ‘n vuurwapen te besit en sy naam is in die nasionale register van seksuele misdrywe aangeteken.
LEES OOK: Video – polisielede weier glo hulp aan vrou
LEES OOK: Babaseuntjie lê leweloos na hy tussen ouers aan die slaap raak
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



