Poeding of ontbyt?

Deel hierdie storie / Share this story

Hierdie maklike resep kan as ’n poeding of as ontbyt dien. Dit is vreeslik maklik en baie lekker.

LEES OOK: Oxfordshire wil rookvry teen 2025 wees

Bestanddele:

  • Griekse jogurt
  • geklopte room
  • 2 granate
  • sjokoladeskyfies
  • pekanneute

Metode:

  • Skep ’n laag jogurt in ’n klein bakkie of glas.
  • Skep dan ’n laag granaatpitte bo-oor.
  • Skep weer ’n laag jogurt.
  • Sprinkel ’n paar sjokoladeskyfies oor.
  • Sprinkel ’n paar opgekapte pekanneute oor.
  • Doen so voort todat jy die bokant van die glas of bakkie bereik.
  • Klop dan die room styf en skep bo-oor.
  • Sprinkel sjokoladeskyfies en neute bo-oor.
  • Geniet.

LEES OOK: Meisie en niggie glo deur kêrel voor moord aangehou