Oxfordshire wil rookvry teen 2025 wees

Deel hierdie storie / Share this story

OXFORDSHIRE. – In Oxfordshire sal die rook van sigarette buite kafees, werkplekke en restaurante glo binnekort verbode wees. Hulle beoog om die Verenigde Koninkryk se eerste rookvrye county te wees.

Hulle beoog om teen 2025 heeltemal rookvry te wees.

LEES OOK: KYK!: Tiener helder oordag in park gesteek

Werkgewers moet help

In die loodsprojek word werkgewers aangemoedig om rookvrye omgewings te bevorder en personeel te help om op te hou rook.

Rook in openbare parke, by die huis en in voertuie sal ook ontmoedig word.

Sitplekke in die buite-area van restaurante sal ook 100% rookvry wees.

Daar word met die plan beoog om rook so ’n rare verskynsel te maak dat jong kinders nooit die gewoonte aanleer nie.

LEES OOK: