KYK!: Tiener helder oordag in park gesteek

Deel hierdie storie / Share this story

Waarskuwing: Die video in die artikel kan sensitiewe lesers ontstel.

LONDEN. – Die polisie ondersoek nou ’n saak nadat ’n video waarin ’n tienerseun (17) gister in Hyde Park aangerand en met lang messe gesteek word, die ronde op sosiale media doen.

Die video wys hoe die slagoffer deur ’n groep mans gejaag word, met ten minste twee wat swaaiende lang wapens, wat soos swaarde lyk, by hulle het.

LEES OOK: Meisie en niggie glo deur kêrel voor moord aangehou

Val neer

Die slagoffer val neer en word dan met die vuis geslaan en op die grond geskop in die aanval wat deur die kamera van ’n foon vasgelê is.

Daar kan gesien word hoe mense paniekbevange weghardloop terwyl die seun met die messe gesteek word.

Na die skielike geweld vulg die aanvallers en los die slagoffer, wat vermoedelik 17 jaar oud is, in ’n ernstige beseerde toestand.

Niemand nog in hegtenis nie

Die seun is daarna na ‘n hospitaal geneem. Die polisie het nog niemand in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

LEES OOK: Kerke in Namibië protesteer teen homoseksualiteit

Kyk die video hier: https://www.thesun.co.uk/news/15135834/man-beaten-stabbed-gang-brutal-attack-hyde-park/?utm_campaign=native_share&utm_source=sharebar_native&utm_medium=sharebar_native